Spele van die XXe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1972 (Duits: Olympische Sommerspiele 1972), amptelik bekend as die Spele van die XXste Olimpiade, is tussen 26 Augustus en 11 September 1972 in München, Wes-Duitsland, aangebied. München is verkies om die Spele te organiseer bo Detroit, Madrid en Montreal.
Koste, nog moeite is gespaar by die organisasie van hierdie Spele. Daar is 'n begroting van 172 miljoen DM opgestel, wat vir die welvarende Bondsrepubliek geen probleem was nie. 'n Volledige nuwe sportskompleks is opgerig, met alle items naby mekaar op die voormalige Oberwiesenfeld-vliegveld, waar die Fransman Édouard Daladier en die Brit Neville Chamberlain geland het voor 'n ontmoeting met Adolf Hitler. Die pronkstuk was ongetwyfeld 'n avant-gardistische stadion met sy deurskynende dak in die vorm van 'n web.
Die Olimpiese Somerspele 1972 is deur die sogenaamde bloedbad van München oorskadu. Elf atlete en amptenare van die Israeliese span word in die nag van 4 op 5 September as gyselaars in die Olimpiese dorp deur lede van die Palestynse terreurbeweging Swart September aangehou. Uiteindelik word al elf saam met 'n Duitse polisieman vermoor. Tydens pogings om die atlete te red word vyf van die agt terroriste doodgemaak. Die drie terroriste wat die bloedbad oorleef word later deur Duitsland losgelaat, na die kaping van 'n vliegtuig van Lufthansa. 'n Reeks wraakaksies deur Israel volg, waarby twee van die drie ontsnapte terroriste doodgemaak word. Teen 2024 het die agtste en laaste oorlewende terroris, Jamal Al-Gashey, steeds gelewe.
Die Olimpiese Winterspele 1972 is in Sapporo, Japan, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1972 is tussen 2 en 11 Augustus in Heidelberg, Wes-Duitsland, gehou.